Dit is vir ons altyd lekker om nuwe gesigte te ontmoet. Kom gesels gerus met ons voor of na die diens indien u enige vrae het. Ons mense is jou mense. Ons hou daarvan om te gesels en meer van mekaar te leer ken.
Ons bedieninge
Daar is verskeie bedieninge waar jy kan betrokke raak. Hetsy jy jou gawe kan aanbied of net finansieël ’n bydrae wil maak.
In ’n erediens is daar ’n verwelkoming, seën, lofprysing en ’n vervullende boodskap van so 40 minute. Na die erediens geniet ons lekker koffie (en soms ietsie soet of sout). Hier kuier ons saam met ons kerk familie.
KLEREDRAG
Ons eredienste het geen voorgeskrewe kleredrag nie. Trek gerus aan waarin jy gemaklik voel.